Tuesday, September 30, 2008

30 September 2008

Dis die einde van die maand, ek voel moeg en afgerem, ek verlang na die vrou van my drome, maar daar is geen manier wat ek haar kan kontak nie.

Is daar enige manier dat n mens vir jou hart kan lieg, kan jy vir jouself voorskryf hoe jy moet voel en wat jy moet dink. Ek dink nie dis moontlik nie.

As n mens iemand deur die dood verloor bly dit seer al maak jy wat , tyd maak nie noodwendig dat dit minder seer is nie maar die hoop om daardie persoon weer te sien op aarde is darm iets om mee vrede te maak. Die dood is finaal daar is geen hoop om daardie persoon om te praat om by jou te bly of vir jou lief te wees nie. Die hoop op wat kon wees verdwyn want n mens kan met sekerheid afskeid neem.

Maar as jy n persoon lewendig verloor? Dis n heel ander saak , dis n seer wat jy nie kan stop of ignoreer nie, daar is soos met die dood verlange by betrokke, maar die verskil is verlange met die hoop dat julle herenig sal word voor die dood julle finaal skei. Dis n seer wat jou elke dag laat wonder wat die persoon doen , dink en voel. Dit is die hoop wat in jou hart opvlam elke keer as jy die persoon se naam hoor, as daardie persoon sonder dat jy dit kan keer of afweer n draai deur jou gedagtes kom loop en voetspore van verlange agter laat.

ja dan moet ek vandag ruiterlik erken die dood is genadiger. DIS FINAAL

Maar sou jy n persoon lewendig verloor en later deur die dood , hoe sal jy ooit met die vrae kan vrede maak ? Oor wat kon wees As? Ja As dis twee lettertjies maar dit maak n verskil , n helse verskil.

Ek wou maar net se. As ek geweet het wat ek nou weet het ek dalk baie dinge in my lewe andes gedoen.